Piesang Sjokolade Blokkies
Carla Marias
’n Eenvoudige, gesonde bederf gemaak met ryp piesangs, perfek vir daardie stil koffie-oomblikke.

Soms is die eenvoudigste dinge die wat die meeste vreugde bring.
Hierdie piesang sjokolade blokkies is een van daardie resepte — min bestanddele, vinnig om te maak, en perfek saam met ’n koppie koffie in ’n stil oomblik.
Bestanddele:
3 ryp piesangs (geskil ± 370g)
½ koppie (120g) grondboontjiebotter (verkieslik 100%)
¼ koppie kakao poeier
2–3 eetlepels heuning of maple stroop (opsioneel)
1 teelepel vanielje ekstrak
Knippie sout
Instruksies:
Voorverhit die oond tot 180°C
Druk die piesangs fyn in ’n bak
Voeg die res van die bestanddele by en meng goed
Gooi in ’n gesmeerde of uitgevoerde bak
Bak vir 20–25 minute
Laat afkoel en sny in blokkies
Nota:
Hierdie resep is nie net ’n bederf nie — dis ’n herinnering dat mooi dinge nie ingewikkeld hoef te wees nie.
